OUDSTHOORN NUUS - Die saak teen die vier mans in die moordsaak van Justin Booysen van Rosebank in Oudtshoorn, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn-streekhof vir verhoor tot September uitgestel.
Simphiwe Ndoni (32), Ephrahim ‘Speekbout’ Malgas (42), Lorenzo Malgas (24) en Breyton Bruiners (25) staan tereg op aanklagte van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die saak spruit uit die dood van die 30-jarige Justin Booysen wat op Sondag 17 November 2019 in sy huis in Bella Rosa-singel, Rosebank, doodgeskiet is.
Adv. Benito Metembo een van die vier se regsverteenwoordigers het op ‘n vraag van die landdros of ballistiese toetse op die vuurwapen gedoen is, geantwoord dat die moordwapen nooit gevind is nie.
Die verdagtes het ook aangedui dat hulle nie assessore verlang nie.
Ndoni en Ephrahim Malgas dien tans vonnisse van onderskeidelik vyf en drie jaar vir handel in dwelms uit terwyl die borgtog van Lorenzo Malgs en Breyton Bruiners verleng is.
Die saak dien voor streeklanddros Kenneth Peters van Kaapstad en is vir drie dae se verhoor, 7, 8 en 9 September op die hofrol geplaas.
Lees vorige artikels:
- Rosebank-skietsaak: Verhoor in April
- Rosebank-moordsaak weer uitgestel
- Booysen-skietsaak uitgestel
- Moordverdagte in hof aanranding betrokke
- Borgtog vir tweede verdagte
- Booysen-moordsaak uitgestel
- Een in Booysen-moordsaak kry borgtog
- Honderde by Justin se begrafnis
- Verdagtes in Justin Booysen-Moordsaak wil nie borg hê
- Borgtogaansoek uitgestel
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'