Update
OUDTSHOORN NUUS - Die borgtogaansoek van Ephrahim Malgas, een van vier mans wat op die moord van Justin Booysen tereg staan, is Dinsdag in die Oudtshoorn-landdroshof uitgestel.
Malgas, Simphiwe Ndoni (31), Lorenzo Malgas (23) en Breyton Bruiners (25) word daarvan aangekla dat hulle Booysen op Sondag 17 November 2019 in sy huis in Bella Rosasingel, Rosebank, doodgeskiet het.
Lorenzo Malgas is op 22 Januarie borgtog van R5 000 toegestaan. Ndoni en Bruiners sou op daardie stadium nie om borgtog aansoek doen nie. Bruiners het egter Dinsdag in die hof aangedui dat hy wel om borgtog aansoek wil doen.
Die landdros het die saak na 2 Maart uitgestel sodat Ephrahim Malgas en Bruiners hul aansoeke voor die hof kan bring.
Lees vorige artikels:
- Kuierplek-moordenaar kry 15 jaar tronkstraf
- Een in Booysen-moordsaak kry borgtog
- Honderde by Justin se begrafnis
- Verdagtes in Justin Booysen-Moordsaak wil nie borg hê
- Borgtogaansoek uitgestel
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'