Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen vier verdagtes in die moordsaak van Justin Booysen van Rosebank, Oudtshoorn, is verlede Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof tot 18 Mei uitgestel. Die saak sal dan in die streekhof voorkom.
Simphiwe Ndoni, Ephrahim Malgas, Lorenzo Malgas en Breyton Bruiners staan tereg op aanklag van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Justin Booysen (30) is op Sondag 17 November 2019 in sy huis in Bella Rosa-singel, Rosebank, doodgeskiet. Die saak is, na die weiering van borgtog aan Ephrahim Malgas, deur landdros Ntombizandile Maseti, tot Vrydag uitgestel.
Borgtog van onderskeidelik R5 000 en R3 000 is reeds aan Malgas en Bruiners toegestaan terwyl Ndoni besluit het om nie om borgtog aansoek te doen nie.
Lees vorige artikels:
- Moordverdagte in hof aanranding betrokke
- Borgtog vir tweede verdagte
- Booysen-moordsaak uitgestel
- Kuierplek-moordenaar kry 15 jaar tronkstraf
- Een in Booysen-moordsaak kry borgtog
- Honderde by Justin se begrafnis
- Verdagtes in Justin Booysen-Moordsaak wil nie borg hê
- Borgtogaansoek uitgestel
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'