OUDTSHOORN NUUS - Vriende en familie van Justin Booysen (30) wat die naweek in sy woning in Rosebank doodgeskiet is, het vanoggend voor die hof bymekaar gekom.
Booysen is na bewering Saterdagaand voor 00:00 in sy woning in Rosebank geskiet.
Drie persone is vir sy moord in hegtenis geneem en hulle verskyn vandag in die Oudtshoorn-landdroshof.
Die motief agter die moord is nog nie bekend nie.
Booysen is die broer van Dueron Saptou wat in Augustus vanjaar in 'n motorfietsongeluk in Langenhovenweg gesterf het.
Justin Booysen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'