OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van die vier verdagtes in die moordsaak van Justin Booysen van Rosebank, Oudtshoorn, sloer steeds.
Die saak moes Vrydag weer in die Oudtshoorn-streekhof uitgestel word omdat die regsverteenwoordiger van Ephrahim 'Speekbout' Malgas weer nie teenwoordig kon wees nie.
Malgas word in die Knysna-gevangenis aangehou en moet elke keer na Oudtshoorn gebring word.
Die vier, Simphiwe Ndoni, Ephrahim Malgas, Lorenzo Malgas en Breyton Bruiners staan tereg op aanklag van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Justin Booysen (30) is op Sondag 17 November 2019 in sy huis in Bella Rosa-singel, Rosebank, doodgeskiet.
Die saak dien voor streeklanddros, Ntsokli Moni, en is Vrydag op versoek van die staat tot 23 Oktober 2020 uitgestel.
Ndoni, Ephrahim Malgas en Bruiners bly in aanhouding terwyl Lorenzo Malgas se borgtog en borgtogvoorwaardes tot dan verleng is.
Lees vorige artikels:
- Booysen-skietsaak uitgestel
- Moordverdagte in hof aanranding betrokke
- Borgtog vir tweede verdagte
- Booysen-moordsaak uitgestel
- Kuierplek-moordenaar kry 15 jaar tronkstraf
- Een in Booysen-moordsaak kry borgtog
- Honderde by Justin se begrafnis
- Verdagtes in Justin Booysen-Moordsaak wil nie borg hê
- Borgtogaansoek uitgestel
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'