Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vermeende moordenaar, Patrick Rondganger, wat op 20 Februarie voorgekom het, se saak is vir toerekeningsvatbaarheid van die beskuldigde uitgestel.
Die sielkundigeverslae van Rondganger waarvoor sy prokureur, Bradley Michaels van Van Rooyen Prokureurs in George gewag het, is intussen ontvang.
Rondganger word daarvan aangekla dat hy sy vriendin se pa, Eric Xakaxa (59), vroeg verlede jaar herhaaldelik met 'n mes gesteek en toe in 'n vlak graf begrawe het.
Rondganger se prokureur, Michaels het op 6 Februarie aangevoer dat hy nuwe inligting van die beskuldigde se familie ontvang het wat die vonnisoplegging van Rondganger kan beïnvloed en het aangevoer dat hy glo in die verlede vir geestelike psigose, opgeneem en behandel is.
Michaels het toe uitstel gevra omdat hy die verslag van die inrigting, wat nie die verslag wil vrystel sonder die toestemming van Rondganger nie, aangevra.
Volgens Michaels het dié inrigting reeds bevestig dat Rondganger wel in die verlede 'n pasiënt daar was. Michaels het ook aangevoer dat Rondganger nie regverdig verhoor kan word alvorens die hof nie die verslag in ag geneem het nie.
Rondganger se saak is tot 24 April uitgestel.
Vorige artikels:
- Patrick Rondganger-saak wéér uitgestel
- Rondganger-saak vir pleit vonnisoplegging uitgestel
- Rondgenger se saak is uitgestel
- Aansoek om moordsaak te skrap
- Ondersoek teen Rondganger is afgehandel
- Saak verander na skedule 6 en borgtog word geweier
- Borgtog geweier
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek uitgestel tot Maandag
- Ronganger wag op uitspraak van landdros
- Borgtogsaak uitgestel vir uitspraak
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Man se liggaam in vlak graf gevind
- 60-Jarige in Bongoletho vermoor
- Vermiste persoon
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'