“Dit gaan goed met die dorp se water,” sê Koch. “Die Raubenheimerdam is tans 71% vol, De Rust se watertekort is onder beheer met dié dat die nuwe groot reservoir vir die eerste keer heeltemal vol is.”
Fondse vir die ondersoek na en uitbreiding van die grootmaat-watervoorsiening aan De Rust is reeds deur die Wes-Kaap se department van plaaslike regering bewillig en sal vroeg in die finansiële jaar oorgeplaas word sodat die projek afgehandel kan wees voor die hoë gebruiksperiode in die somermaande.”