Update
OUDTSHOORN NUUS - Samantha Meyer, die bestuurder van die Audi A3 wat op 8 November 2024 in ’n noodlottige botsing by die kruising van Voortrekkerweg en Randstraat betrokke was, is Dinsdag 14 April in die Oudtshoorn-streekhof skuldig bevind aan strafbare manslag, bestuur onder die invloed van alkohol en nalatige bestuur.
Die botsing tussen haar voertuig en ’n Volkswagen Golf het die lewe van die 24-jarige Peter-John (PJ) Sauls geëis. Sauls se voertuig het ná die impak teen ’n muur gebots.
Hy is oomblikke voordat die voertuig aan die brand geslaan het uit die wrak gered, maar het op die toneel aan sy beserings beswyk.
Meyer is op die toneel in hegtenis geneem op ’n aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol.
Die toneel waarop PJ Sauls oorlede is. Foto: Liezl van Niekerk
Die klag van strafbare manslag teen Meyer is in Junie 2025 aanvanklik sonder redes teruggetrek, maar is later weer op die klagstaat gevoeg.
Sy het skuldig gepleit en die hof het die saak vir ’n voorvonnisverslag tot 22 Mei uitgestel. Meyer is intussen op waarskuwing vrygelaat hangende vonnisoplegging.
Vorige berigte:
- Meyer gaan wel van strafbare mansslag aangekla word
- Sauls-familie woendend oor onregverdige hofbesluit
- Saak van strafbare manslag teen bestuurder teruggetrek
- Familie van PJ Sauls kwaad vir hof
- Samantha Meyer-saak vir streekhof uitgestel
- Gemeenskap in rou oor geliefde onnie
- Troosdiens vir ongelukslagoffer gehou
- Troosdiens vir PJ Sauls beplan
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’