OUDTSHOORN NUUS - Die vrou van Bridgton, wat daarvan aangekla word dat sy haar 7-jarige seuntjie vermoor het gaan in die streekhof verhoor word.
Drezene Jonkerman (39), het met haar borgtogaansoek in September vanjaar die wenkbroue laat lig toe sy erken het dat sy haar kind, Ashwin Jonkerman, verwurg het.
Die saak is gister (Dinsdag, 29 Oktober) in die landdroshof vir ‘n streekhofdatum tot 28 November uitgestel.
Jonkerman het volgens die ondersoekbeampte, ao. Wilfred Apollis, na haar arrestasie op 21 Augustus vanjaar, aan ‘n vrouepolisiebeampte, sers. Sharone Flemmer, beken dat sy haar seuntjie, verwurg het toe sy die kind se pa in sy gesig gesien en besluit het om hom dood te maak.
Sy het later agtergekom dat dit haar eie kind was wat aan haar gevra het wat sy doen en dat hy haar liefhet.
Landdros Zuastrid Deyce het bevind dat Jonkerman in aanhouding moet bly omdat sy nie die hof oortuig het om borgtog aan haar toe te staan nie.
Vorige artikels:
- Ma wat glo kind wurg weer in hof
- Ma wat kind verwurg se borgtog geweier
- Ma wat doen jy? Ek is lief vir jou
- Engelking begrawe, ma agter tralies
- Engelking begrawe
- Vrou in hegtenis vir seuntjie se moord
- Aswin glo vermoor
- Moord ondersoek geopen na seuntjie se dood
- 7-Jarige sterf in sy slaap
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’