Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Magdaleen Titus en Natasha Stuurman bly in aanhouding tot 29 Januarie wanneer Titus se formele borgaansoek in die hof sal dien.
Stuurman het nog nie 'n regsverteenwoordiger aangestel nie en het geleentheid om een aan te stel voor die 29ste.
Intussen is die borgtogaansoek van Justice Mooi ook pas hervat.
Dit blyk uit voorlopige inligting dat die Provinsiale uitvoerende komitee kan die ANC ook hierdie week die lidmaatskap van Magdaleen Titus bespreek aangesien sy 'n ANC raadslid in Oudtshoorn is.
Besonderhede hieroor sal later bevestig word.
Die SAUK het vanoggend, terwyl Justice Mooi se borgtogaansoek voortgaan, 'n onderhoud met die familie van Preston Titus gevoer. Lede van die gemeenskap wat nie die hofverrigtinge kon bywoon nie het ook 'n petisie geteken dat borgtog nie aan Magdaleen Titus toegestaan word nie.
Die SAUK voer onderhoude met die famlie van Preston Titus buite die hof. Foto: Liezl van Niekerk
Magdaleen Titus wat vandag in die hof verskyn het.
Natasha Stuurman wat vandag in die hof verskyn het.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Verdagtes in hof
- Magdaleen Titus arriveer op Oudtshoorn
- Weermagmoord: Magdaleen Ttius aangekeer
- Verdagte in weermagmoord gevonnis
- Weermagmoord-opvolg
- Borgtog aansoek weer uitgestel
- 2 moordverdagtes in hof
- 2de moordverdagte in hof
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Nog een in hegtenis
- Weermagmoord: Optog buite hof
- Verdagte in weermagmoord in hof
- Vermoorde soldaat gehuldig
- 2 in Hegtenis vir moord
- Man en vrou gearresteer in Titus-moord
- ANC-Raadslid tans nie in hegtenis
- Geen arrestasie na moord
- Eggenoot van raadslid sterf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'