Update Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Vandag se borgtogaansoek van Magdaleen Titus, Natasha Stuurman en Justice Mooi in verband met die moord op Preston Titus, gaan gepaard met 'n groot polisie-teenwoordigheid en streng toegangsbeheer by die hof.
Twintig lede van die Openbare Orde Polisiëringseenheid met vier voertuie sowel as verskeie plaaslike polisielede is by die hof aan diens.
'n Beperkete aantal belanghebbenes word in die hof toegelaat.
Die pad voor die hof is as voorsorgmaatreël gesluit.
In 'n Facebookplasing van Sam Coetzee die afgelope naweek, waarsku hy dat daar moontlike wanorde voor die hof sal uitbreek indien borgtog toegestaan word.
Dit blyk egter dat bitter min mense met hom saamstem en hy is ook in verskeie kommentare op Facebook tereggewys.
Soos gewoonlik, is die groep mense voor die hof rustig. Behalwe vir die groep wat borgtog teenstaan is daar ook 'n groepie wat voel dat borgtog geregverdig sal wees.
Die twee groepe is egter glad nie antagonisties teenoor mekaar nie.
'n Deel van die groep mense vanoggend voor die hof.
Die polisie beheer toegang tot die hof.
Kyk 'n video hieronder:
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Verdagte nader koerant
- Preston Titus met 3rde poging vermoor
- Vermeende baasbrein hoop op borgtog
- Borgtogaansoek teen Mooi uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Verdagtes bly in aanhouding
- Weermagmoord: Verdagtes in hof
- Magdaleen Titus arriveer op Oudtshoorn
- Weermagmoord: Magdaleen Ttius aangekeer
- Verdagte in weermagmoord gevonnis
- Weermagmoord-opvolg
- Borgtog aansoek weer uitgestel
- 2 moordverdagtes in hof
- 2de moordverdagte in hof
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Nog een in hegtenis
- Weermagmoord: Optog buite hof
- Verdagte in weermagmoord in hof
- Vermoorde soldaat gehuldig
- 2 in Hegtenis vir moord
- Man en vrou gearresteer in Titus-moord
- ANC-Raadslid tans nie in hegtenis
- Geen arrestasie na moord
- Eggenoot van raadslid sterf
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'