Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vermeende moordenaar, Patrick Rondganger, wat Maandag 6 Februarie vir pleitverduideliking en vonnisoplegging voorgekom het, se saak is in 'n verrassende wending uitgestel.
Hy word daarvan aangekla dat hy sy vriendin se pa, Eric Xakaxa(59), vroeg verlede jaar herhaaldelik met 'n mes gesteek het en toe in 'n vlak graf begrawe het.
Rondganger, se prokureur, Bradley Michaels van Van Rooyen Prokureurs in George, het Maandag, tot almal se verbasing aan landdros Sylvia Mandla gesê dat nuwe inligting tot sy beskikking gekom het wat die vonnisoplegging van Rondganger kan beïnvloed.
Volgens Michaels het die familie van Rondganger hom verlede week glo ingelig dat Rondganger destyds vir behandeling van geestelike psigose, opgeneem is.
Michaels het uitstel gevra omdat hy die verslag van die inrigting, wat nie die verslag kan vrystel sonder die toestemming van Rondganger nie, aangevra het.
Volgens Michaels het dié inrigting reeds bevestig dat Rondganger wel in die verlede 'n pasiënt daar was.
Michaels het ook aangevoer dat Rondganger nie regverdig verhoor kan word alvorens die hof nie die verslag in ag geneem het nie.
Mandla het die saak tot 20 Februarie uitgestel vir Michaels om die verslae te ontvang en te bestudeer.
Rondganger bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- Rondganger-saak vir pleit vonnisoplegging uitgestel
- Rondgenger se saak is uitgestel
- Aansoek om moordsaak te skrap
- Ondersoek teen Rondganger is afgehandel
- Saak verander na skedule 6 en borgtog word geweier
- Borgtog geweier
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek uitgestel tot Maandag
- Ronganger wag op uitspraak van landdros
- Borgtogsaak uitgestel vir uitspraak
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Man se liggaam in vlak graf gevind
- 60-Jarige in Bongoletho vermoor
- Vermiste persoon
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'