Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Patrick Rondganger, die man wat daarvan aangekla word dat hy sy vriendin se pa, Eric Xaxaka (59), vroeër die jaar herhaaldelik met 'n mes gesteek het en toe in 'n vlak graf begrawe het, het op 21 November in die hof verskyn.
Die saak is tot 17 Januarie vir pleit- en vonnisonderhandelinge uitgestel.
Xaxaka se liggaam is op 8 April in 'n vlak graf agter sy huis in 'n buitekamer in Bongolethu gevind nadat hy na bewering deur Rondganger vermoor is.
Hy is twee dae vantevore as vermis aangemeld nadat hy nie by die werk opgedaag het nie. Rondganger is kort na die moord deur die polisie in hegtenis geneem.
Hy is die vriend van Eric se dogter, Monica Manuel en die vader van hulle babaseuntjie.
Rondganger is in Mei borgtog geweier en bly dus in aanhouding tot die saak afgehandel is.
Vorige artikels:
- Aansoek om moordsaak te skrap
- Ondersoek teen Rondganger is afgehandel
- Saak verander na skedule 6 en borgtog word geweier
- Borgtog geweier
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek uitgestel tot Maandag
- Ronganger wag op uitspraak van landdros
- Borgtogsaak uitgestel vir uitspraak
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Man se liggaam in vlak graf gevind
- 60-Jarige in Bongoletho vermoor
- Vermiste persoon
Partric Xaxaba, Eric se broer, in die buitekamer waar die oorledene in 'n vlak graf begrawe is. Die yskaste in die foto was bo-op die graf gestapel. Foto: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'