Update
OUDTSHOORN NUUS - Patrick Rondganger, die man wat daarvan aangekla word dat hy sy vriendin se pa, Eric Xakaxa (59), vroeg verlede jaar herhaardelik met 'n mes gesteek het en toe in 'n vlak graf begrawe het, se saak is op 17 Januarie uitgestel tot 6 Februarie vir die afhandeling van sy pleitverduideliking en vonnisoplegging.
Eric se liggaam is verlede jaar 8 April in 'n vlak graf agter sy huis in 'n buitekamer in Bongolethu gevind nadat hy na bewering deur Rondganger vermoor is.
Xakaxa is twee dae vantevore as vermis aangemeld na hy nie by die werk opgedaag het nie. Rondganger is kort na die moord deur die polisie in hegtenis geneem.
Hy is die vriend van Eric se dogter, Monica Manuel, en die vader van hulle babaseuntjie.
Rondganger is in Mei borgtog geweier en bly dus in aanhouding tot die saak afgehandel is.
Die saak is verlede jaar na die Oudtshoorn-streekhof oorgeplaas en verskyn voor landdros Sylvia Mandla. Sy prokureur is Bradely Michaels van Van Rooyen prokureurs in George, en die staatsaanklaer is Brendon Smith.
Vorige artikels:
- Rondgenger se saak is uitgestel
- Aansoek om moordsaak te skrap
- Ondersoek teen Rondganger is afgehandel
- Saak verander na skedule 6 en borgtog word geweier
- Borgtog geweier
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek uitgestel tot Maandag
- Ronganger wag op uitspraak van landdros
- Borgtogsaak uitgestel vir uitspraak
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Man se liggaam in vlak graf gevind
- 60-Jarige in Bongoletho vermoor
- Vermiste persoon
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'