Update
OUDTSHOORN NUUS - Enkele minute nadat lede van die Backyard dwellers vanmiddag met voor 17:00 in hegtenis geneem is, het hul familielede by die Oudtshoorn-polisiestasie saamgedrom om antwoorde te eis.
Volgens een van die familielede is 14 vrouens en een man glo op aanklagte van onwettige betreding aangekla.
Die familielid sê dat hulle bekommerd is omdat sommige lede van die backyard dwellers se lede wat in hegtenis geneem is verlam is, en dat ander weer medikasie benodig.
Pogings deur die Oudtshoorn Courant joernalis om vas te stel wie die klaer in die saak is, was tot dusver onsuksesvol.
Bekommerde familielede van die backyard dwellers drom saam by die Oudtshoorn-polisiestasie.
Lees vorige artikels:
- Besetters in hegtenis
- Dag vier vir besetters
- Betoging by raadsvergadering bespreek
- Pad weer gesluit
- Eerste besetters slaan op
- N12 Binnekort weer oop
- De Rustpad gesluit
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'