Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Backyard Dwellers of Hope wat gister op die N12 betoog het, het vanoggend begin om plakkershutte langs die pad op te slaan.
Volgens die organiseerder het hulle spesifiek hierdie plek langs die gholfbaan gekies omdat hulle gehoor het hier word 'n luukse ontwikkeling beplan.
Hulle het onderneem om nie weer die verkeer te ontwrig nie.
Hulle onderneming ten opsigte van die pad geld egter net tot 12:00. "As mevrou Simms nie teen twaalfuur met ons kom praat nie, gaan die pad weer toegemaak word," sê hulle woordvoerder. Simms is die direkteur van behuising by die munisipaliteit.
Kyk 'n video hieronder:
Hulle het vanoggend begin om plakkershutte langs die pad op te slaan.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'