OUDTSHOORN NUUS - Die De Rustpad is vir verkeer gesluit; ontevrede inwoners versper die pad met brandende takke.
Die groep mense wat die pad versper, is die Backyard Dwellers of Hope.
Hulle is ontevrede omdat daar nog niks omtrent behuising vir die agterplaasbewoners gedoen is nie.
Hulle eis dat die burgemeester, Colan Sylvester hulle moet toespreek.
Die De Rust pad is gesluit weens protes aksie oor behuising:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'