Update
OUDTSHOORN NUUS - Familielede en vriende van die vier beskuldigdes in die Rosebank-moordsaak het gister in die Oudtshoorn-streekhof hande geklap nadat die hof hulle op al die aanklagte teen hulle vrygespreek het.
Simphiwe Ndoni (32), Ephrahim ‘Speekbout’ Malgas (42), Breyton Bruiners (24) en Lorenzo Malgas (25) het tereggestaan op aanklag van moord, aanranding om ernstig te beseer, besit van ‘n onwettige vuurwapen en poging tot moord, terwyl Ephrahim Malgas ook aangekla was van sameswering om moord te pleeg.
Die staat het beweer dat die vier gesamentlik opgetree het toe Justin Booysen (35) die aand van 16 November 2019 in sy huis in Bella Rosa-laan, Rosebank koelbloedig doodgeskiet is, vir Christopher Naude met ‘n stuk yster aangerand het, in besit was van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en gepoog het om Jessy Dyssel wat saam met die oorledene was dood te skiet.
Ephrahim Malgas is ook daarvan aangekla dat hy vir Kelvin Botha gevra het om Dyssel dood te skiet.
Streeklanddros Kenneth Peters van Kaapstad het bevind dat die kwaliteit van die staat se getuienis so swak was dat dit onmoontlik was om die beskuldigdes skuldig te bevind.
Lees die volledige berig in môre se Oudtshoorn Courant.
Lees vorige artikels:
- Rosebank-moordsaak sloer steeds
- Rosebank skietsaak hervat
- Moordsaak tot 2022 uitgestel
- Rosebank-moordsaak weer uitgestel
- Verhoordatums vir Rosebank-moordsaak
- Rosebank-skietsaak: Verhoor in April
- Rosebank-moordsaak weer uitgestel
- Booysen-skietsaak uitgestel
- Moordverdagte in hof aanranding betrokke
- Borgtog vir tweede verdagte
- Booysen-moordsaak uitgestel
- Een in Booysen-moordsaak kry borgtog
- Honderde by Justin se begrafnis
- Verdagtes in Justin Booysen-Moordsaak wil nie borg hê
- Borgtogaansoek uitgestel
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'