OUDTSHOORN NUUS - Die CP Nel-museum, wat op 2 Januarie gesluit het nadat die raad van trustees hul kommer uitgespreek het oor die voortdurende bestuursuitdagings by die museum, sal weer oop wees vir besoekers.
Dit is bekendgemaak dat die museum se deure op Maandag 10 Maart weer sal oop wees.
Dit sal oop wees van Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 15:00 vir besoekers.
Toegansfooie
Volwassenes
Internasionale besoekers, R100 per persoon.
Suid-Afrikaanse beseoekers met 'n SA identiteitsdokument, R50 per persoon.
Pensionarisse sal R30 per persoon betaal.
Kinders
Voorskoolse kinders kan gratis toegang verkry.
Leerders betaal R20 per leerder en studente ook R20 per persoon.
- Vir enige navrae kan 072 742 2489 gekontak word.
Volg ook die CP Nel-museum op Facebook en tariewe kan nagegaan word by www.cpnelmuseum.org.za
Vorige artikels oor die museum:
- Museum bly gesluit
- Museum-bestuurder kontak polisie oor sluiting van deure
- CP Nel Museum se deure agter slot en grendel
- Lock gate halts meeting
- Museum bestuurder se skorsing gelig
- Museum bestuurder tydelik geskors
- Museum se finansies onder vergrootglas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’