Update
OUDTSHOORN NUUS - Dit blyk dat die tydelike sluiting van die CP Nel-museum en die Le Roux Dorpshuis toe nie fopnuus was nie. In 'n persverklaring deur Herman Labuschagne, voorsitter van die Museumraad van Trustees, is die museum gesluit tot verdere kennisgewing.
"Die raad van trustees is bekommerd oor die voortslepende bestuursuitdagings by die CP Nel-museum. In 'n poging om die saak te besleg het die raad besluit om die museum te sluit totdat hulle vertoue kan kry in die bestuur van die museum en dat dit op 'n behoorlike manier sal geskied."
Volgens Labuschagne gee die raad van trustees dringend aandag aan die kwessie.
"Ons vra verskoning vir enige ongerief wat hierdie besluit veroorsaak, ons poog om die museum so gou as moontlik weer oop te maak."
Jare lange probleme
Oudtshoorn Courant het in 2021 begin berig oor die beweerde ongeruimdhede by die museum.
Daar is ook heelwat kontroversie rondom Moses Mthethwa, bestuurder van die CP Nel-museum. In Junie 2024 is hy onder "voorsorg skorsing" geplaas hangende 'n interne provinsiale forensiese-diensondersoek, maar op 29 Julie 2024 wat Mthetwa weer terug op sy pos.
Op 21 Augustus 2024 het lede van die raad van trustees voor 'n geslote hek opgedaag vir 'n spesiale vergadering. Na afloop van die voorval het die raad hul ontevredenheid uitgespreek en genoem dat hulle vir die afgelope vyf jaar met minagting en arrogansie behandel deur die museum-bestuurder. Omdat Mthethwa nie erkenning gee aan die bestaan van die raad nie kon die Vriende van die Museum nie die nodige oorsig rol speel soos voorgeskryf in die museum-ordonnansie nie. Die raad het ook geen insae gehad rakende die finansiële posisie van die museum nie. Hulle het ook aangedui dat hulle baie ernstig daaroor voel dat die CP Nel-museum aan Oudtshoorn behoort aangesien die inhoud van die museum die dorp se eiendom is.
Sedertdien het verhoudinge nie vebeter nie, met die Wes-Kaapse departement sport en kultuur wat ook toegetree het om die saak te probeer besleg.
Oudtshoorn Courant het 'n media navraag rakende die situasie aan Tania Colyn, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement sport en kultuur gestuur en wag op terugvoer.
Mthethwa is ook genader om kommentaar rakende die kwessie, maar word ook op teurgvoer gewag.
Vorige artikels oor die museum:
- Lock gate halts meeting
- Museum bestuurder se skorsing gelig
- Museum bestuurder tydelik geskors
- Museum se finansies onder vergrootglas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’