Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die vermeende moordenaar, Patrick Rondganger, is op 8 September in die Oudtshoorn-streekhof voortgesit.
Rondganger word daarvan aangekla dat hy sy vriendin se pa, Eric Xaxaka (59), vroeër die jaar vermoor het deur hom herhaaldelik met 'n mes te steek. Xaxaka se liggaam is op 8 April in 'n vlak graf agter sy huis in 'n buitekamer in Bongolethu gevind.
Xaxaka is as vermis aangemeld toe hy nie by die werk opgedaag het nie. Sy lyk is twee dae later gevind. Rondganger is kort na die moord in hegtenis geneem.
Op 9 Mei is die misdryf in die Oudtshoorn- streekhof van 'n skedule 5 na 'n skedule 6 verander en het die hof ook gesê dat bepaal moet word of Rondganger se saak moontlik in 'n hooggeregshof moet voorkom.
Bradley Michaels, Rondganger se prokureur, het tydens die nuutste hofverrigtinge gesê dat almal die reg het op 'n spoedige verhoor. Michaels het aangevoer dat Rondganger se ondersoek al ses maande sloer - dit nadat die staat gesê het dat dit nie langer as twee maande sal neem nie.
Michaels het aansoek vir 'n Artikel 342 A gedoen sodat die saak van die rol geskrap word.
Landdros Ntotombzandile Maseti het die saak tot 20 September uitgestel en versoek dat die ondersoekbeampte, ao. Appolis, van alle ander verantwoordelikhede losgemaak word sodat hy sy volle aandag aan dié saak kan gee en die ondersoek kan afhandel.
Vorige artikels:
- Ondersoek teen Rondganger is afgehandel
- Saak verander na skedule 6 en borgtog word geweier
- Borgtog geweier
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek uitgestel tot Maandag
- Ronganger wag op uitspraak van landdros
- Borgtogsaak uitgestel vir uitspraak
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Man se liggaam in vlak graf gevind
- 60-Jarige in Bongoletho vermoor
- Vermiste persoon
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'