OUDTSHOORN NUUS - Vakansiegangers is Saterdag met geskenkpakkies by ‘n vriendelik padversperring in De rust verwelkom.
Dit is ‘n jaarlikse instelling wat deur Oudtshoorn- en De Rust toerisme gereël word.
Verteenwoordigers van dié twee toerisme kantore sowel as Tuinroete en Klein Karoo toerisme het 500 geskenkpakkies aan besoekers uitgedeel.
Die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester en drie raadslede het ook hand bygesit met boodskappe van verwelkoming.
Soos gewoonlik was polisielede van De Rust, lede van die Oudtshoorn se verkeersdepartement sowel as provinsiale verkeersbeamptes het die padversperring beman.
Lede van De Rust polisie en verkeersbeamptes wat die padversperring beman het.
Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester.
Die voorsitter van Oudtshoorn en De Rust toerisme, Billy Engelbrecht, verwelkom besoekers.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'