Update
OUDTSHOORN NUUS - Die aansoek van Carlheim Witbooi (31) van Smartie Town in Oudtshoorn, wat daarvan aangekla word dat hy sy 64-jarige ma wreed met ’n byl doodgekap het, om vrygelaat te word omdat hy te lank in aanhouding is, is verlede week in die streekhof van die hand gewys.
Die staatsaanklaer, TC Coerecius, sowel as die ondersoekbeampte, ao. Anton Kock, het die aansoek van Witbooi teengestaan omdat die vertraging van sy verhoor sy eie toedoen is, en die staat nie die saak onredelik vertraag nie.
Witbooi staan tereg op aanklag van moord op sy ma, Shirley Witbooi, wie se bebloede liggaam op Donderdag 1 September 2022 deur haar man, Karel, wat in ’n rolstoel is, in hul huis in Sipho Kromastraat, Smartie Town, aangetref is.
Die beskuldigde en sy ma was die betrokke dag alleen tuis en hy is nog dieselfde aand deur die polisie in hegtenis geneem.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en is vir pleit en verhoor tot 10 Maart 2026 uitgestel.
Vorige bertigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’