Breaking News
OUDTSHOORN – Twee motorongelukke het gisteraand, 5 Desember, binne enkele ure van mekaar buite Oudtshoorn plaasgevind. Verskeie persone is vir mediese behandeling na die hospitaal geneem.
Die eerste ongeluk het omstreeks 18:40 op die Kango Bergoord-pad voorgekom.
’n Wit BMW wat in die rigting van Oudtshoorn gery het, het glo in ’n draai die pad verlaat, teen 'n wal gebots en daarna omgeslaan.
Volgens inligting was daar by die aankoms van nooddienspersone slegs een man op die toneel, wat kopbeserings opgedoen het.
’n Tweede persoon, wat glo ook in die voertuig was, is reeds per privaat voertuig hospitaal toe vervoer voordat hulpdienste opgedaag het.
’n Tweede ongeluk is later die aand omstreeks 21:20 op die Welgeluk-pad aangemeld. ’n Wit Nissan Sentra het van agter in ’n blou VW Golf vasgery. In beide voertuie was slegs een manspersoon elk.

Die twee voertuie was in die een ongeluk betrokke.
Die bestuurder van die Nissan Sentra is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na die hospitaal geneem. Die bestuurder van die VW Golf is ook hospitaal toe geneem vir ’n deeglike mediese ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’