OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse Bloeddiens het die toptien skole aangewys wat die meeste eenhede bloed in 2025 geskenk het.
Langenhoven Gimnasium spog met ’n derde plek met 301 eenhede bloed.
Elke jaar word skole aangemoedig om deel te neem om sodoende ’n wesenlike verskil te maak deur bloed te skenk. Leerders wat kan bloed skenk word aangemoedig om dit te doen.
Marike Carli, bestuurder, publieke betrekkinge noem dat die Wes-Kaapse Bloeddiens baie trots is op die jong skenkers. “Die kinders se bereidwilligheid om bloed te skenk om ’n verskil in mense se lewens te maak wys hul leierskap en deernis en is ’n voorbeeld vir ander.”
Wes-Kaapse Bloeddiens
Die Wes-Kaapse Bloeddiens is ’n nie-winsgewende streekgesondheidsorganisasie wat daartoe verbind is om bloed te bekom deur vrywillige skenkings. Die organisasie is bekend dat hulle wêreldklas bloed voorsien en bedien gemeenskappe van George tot in Kaapstad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’