Update
OUDTSHOORN NUUS - Sonja Louw, die vrou wat van brandstigting aangekla word, is in aanhouding nadat haar borgtog verlede week in die Oudtshoorn-streekhof ingetrek is, omdat sy van haar borgtogvoorwaardes verbreek het.
Die 58-jarige Louw word daarvan aangekla dat sy by verskeie geleenthede brande in die Karoo Park Aftree-oord gestig of gepoog het om te stig.
Kapt. Deon Bouwer, het verlede week getuig dat Louw ‘n gevaar vir die publiek inhou omdat sy glo ‘n drankprobleem het en haar motor onder die invloed van alkohol bestuur.
Sy het ook by twee geleenthede van adres verander sonder om die ondersoekbeampte daarvan in kennis te stel.
Louw se regsverteenwoordiger, adv. Stephen Lourens, het die aansoek teengestaan maar streeklanddros Daniel Boks het die aansoek van die staatsaanklaer, Nadia Arnolds, toegestaan en Louw se borgtog ingetrek.
Die saak is tot 10 Desember uitgestel wanneer sy sal pleit in die brandstigtingsaak terwyl sy op dieselfde dag in die laerhof op ‘n klagte van dronkbestuur sal verskyn.
Lees vorige artikels:
- Vrou in hof na sy borgvoorwaardes verbreek
- Brandstigtingverhoor sloer
- Beskuldigde verwys na psigiatriese hospitaal
- Beweerde brandstigter wil Valkenburg toe
- Vermeende brandstigter nader hof
- Nóg 'n interessante wending in brandstigtingsaak
- Nuwe adres vir beweerde brandstigter
- Vrou oortree glo borgtogvoorwaardes
- Beweerde brandstigter kry borgtog
- Geen borgtog vir beweerde brandstigter
- Beweerde brandstigter in hof
- Beweerde brandstigter vandag in hof
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'