Update
OUDTSHOORN NUUS - Sonja Louw, 'n 58-jarige vrou wie op 1 November op heterdaad betrap is na sy inwoners se huise in 'n aftreeoord aan die brand wou steek, het vanoggend in die landdroshof verskyn nadat haar borgaansoek op Vrydag na vandag uitgestel was.
Louw het op vier klagtes, drie van brandstigting en een van poging tot brandstigting verskyn.
Sy het Vrydag self in haar borgaansoek getuig en gesê dat sy verskeie gesondheidskwessies het en dat sy by haar sieklike, blinde suster van 84 jaar oud, na wie sy omsien, in die aftreeoord woon.
Die staatsaanklaer, Leonie van Rooyen, het aan haar genoem dat die inwoners van die oord 'n interdik teen haar gekry het en dat sy nie kan terugkeer na haar suster toe nie.
Louw het aangedui dat sy 'n alternatiewe adres kan verskaf sou die hof haar borgtog toestaan.
AO. Daromé Burger, 'n ondersoek beampte, het ook getuig. Volgens haar het Louw tussen September en November vanjaar die misdrywe gepleeg.
Die saak is vandag na Woensdag uitgestel vir die borgaansoek om voort te gaan.
Lees 'n vorige artikel: Beweerde brandstigter vandag in hof
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'