Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n Tanzaniër met elf aanklagte van besit en handeldryf in dwelms, oortreding van die wet op immigrasie en verbreking van sy borgtogvoorwaardes is in die streekhof op Oudtshoorn vir uitspraak uitgestel na getuienis van 'n immigrasiebeampte. Sangwa Salim Simba (40) wat in Bongolethu woon, is op 24 Maart 2014 saam met 'n vrou, Fiona Uithaler, in hegtenis geneem.
Uithaler, wat tereggestaan het op vier aanklagte van besit en handeldryf in dagga, is reeds 'n opgeskorte vonnis opgelê nadat sy 'n ooreenkoms met die staat aangegaan het en nou 'n staatsgetuie is.
Simba ontken skuld op tien aanklagte en slegs skuldig op 'n aanklag dat hy in 2017 sy borgtogvoorwaardes verbreek het. Volgens getuienis wat gelewer is, was Simba se asielsoekerspermit vervals. Die saak dien voor streeklanddros Neels Nortjé en is verdaag tot 26 Maart.Simba is steeds in aanhouding.
Lees 'n vorige artikel: Tanzaniër in hof op talle aanklagte
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'