OUDTSHOORN NUUS - 'n Moorddossier is geopen nadat 'n man Saterdag 12 September omstreeks 12:00 tydens 'n steekvoorval by die Oudtshoorn-taxistaanplek dood is.
Volgens adjudant-offisier Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, was 'n groep mense by die taxistaanplek toe 'n woordewisseling tussen twee mans ontstaan het.
Die slagoffer, Michael (Micky) Piedt (49) van Rosevalley, is in die bors gesteek en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Die polisie het 'n 54-jarige verdagte in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy het Maandag 14 September in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn waar die saak tot 21 September uitgestel is vir 'n formele borgaansoek. Hy bly in aanhouding.
Hy sou Maandag 14 September in die Oudtshoorn-land-droshof verskyn.
Oudtshoorn-speurders ondersoek die moorddossier.
Teen druktyd was die familie nog nie gereed om met die koerant te gesels nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’