PRINS ALBERT NUUS - ’n 45-jarige ma van sewe kinders van Prins Albert wat ’n vrou in 2019 doodgesteek het is in die Oudtshoorn-landdroshof 10 jaar tronkstraf opgel? nadat sy aan moord skuldig bevind is.
Francis Prins het onskuldig gepleit, maar haar weergawe is deur die hof verwerp.
Sy het op 1 Augustus 2019 vir Sebiena Serita Daller (42) in Jason Jaftha-laan, Prins Albert doodgesteek nadat hulle ’n woordewisseling gehad het.
Volgens Prins het Daller kos uit haar huis gedra.
Daller se 17-jarige seun, wat gesien het hoe Prins sy ma steek, het in ’n slagoffer- impakverkklaring ges? dat hy steeds nie sy ma se dood kan verwerk nie.
Hy was 11 jaar oud toe sy so wreed gesterf het, en sy pa is ook twee jaar gelede oorlede. Hy en sy suster sukkel om kop bo water te hou.
Prins se regsverteenwoordigr, Margaretha Aucamp van die regshulpraad, het die hof versoek om Prins se ouderdom vir vonnis in ag te neem.
Die staatsaanklaer, Mervan Saaiman, het dit aan Prins gestel dat dit nie nodig was om Daller te steek nie.
Sy het dit gedoen omdat sy kwaad was en het die mes in haar huis gaan haal met die doel om Daller te steek.
Saaiman het gesê dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede bestaan om van die minimum vonnis van 15 jaar af te wyk nie.
Twee jong kinders het hul ma verloor.
Streeklanddros Ntsoki Moni het bevind dat Prins bedoel het om Daller dood te steek. Sy kon na die bakleiery met die oorledene anders besluit het, maar het doelbewus ’n mes in haar huis gaan haal om die oorledene daarmee te steek.
Die landdros het ook haar kommer uitgespreek oor die groot aantal vroue in die hof se bedieningsgebied wat die afgelope tyd hul mans of lewensmaats met messe gesteek het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’