OUDTSHOORN NUUS - Lené de Kock, 'n gr. 12- leerder van Langenhoven Gimnasium is onder die semifinaliste in die jaarlikse Matrikulant van die Jaar-kompetisie.
Dit is die universiteit en Novus Media se 45ste jaar wat die kompetisie aan belowende, voornemende studente aangebied word.
Enige voornemende student wat beplan om by die Universiteit van Vrystaat (UV) te studeer kan vir die kompetisie inskryf.
Die kandidate word nie net vir akademiese prestasies erken nie, maar ook vir hul leierskap, sport en kultuurprestasies. Heelwat van die kandidate in die kompetisie is ook betrokke in hul gemeenskappe.
Sy was deel van die matriekraad, presteer in atletiek, netbal en is 'n rasieleier. Verder dien sy op die redaksie van die skool se koerant en presteer goed in akademie.
Dit is 'n groot prestasie om onder die top-25-matriekleerders in die land gekies te word.
Sy ontvang 'n kontantbedrag, sowel as 'n beurs, sodra sy in 2027 by die universiteit registreer.
Lené beplan om arbeidsterapie te studeer en het reeds keuring by die universiteit gekry. Van die topgroep sal 14 finaliste, 11 meisies en drie seuns van 5 tot 7 Oktober aan die eindronde in Bloemfontein deelneem.
Die oorblywende 11 semifi-naliste kwalifiseer eweneens vir prysgeld en studiebeurse wat deur die kompetisie se borge moontlik gemaak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’