OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die verhoor van 'n Tanzaniër met elf aanklagte teen hom vir die besit en handel in dwelms, oortreding van die wet op immigrasie en verbreking van sy borgvoorwaardes het uiteindelik verlede week in die Oudtshoorn-streekhof begin.
Sangwa Salim Simba (40), wat in Bongolethu woon, is op 24 Maart 2014 saam met 'n vrou, Fiona Uithaler (40), in hegtenis geneem en later op borgtog vrygelaat.
Die saak is al talle kere uitgestel en Uithaler, wat tereg gestaan het op vier aanklagte van besit en handel in dagga, is reeds 'n opgeskorte vonnis opgelê nadat sy 'n ooreenkoms met die staat aangegaan en nou ‘n staatsgetuie is.
Simba, wat met krukke oor die weg kom, het skuld op tien van die klagtes ontken en slegs skuldig gepleit op 'n klag dat hy tussen 8 Februarie en 13 Maart 2017 sy borgtogvoorwaardes verbreek het.
Sers. George Wolmarans van die Oudtshoorn-misdaad-voorkomingseenheid van die polisie, wat 'n lokvink gebruik het om Simba vas te trek, was die eerste staatsgetuie.
Hy het getuig hoe hy die lokvink by drie geleenthede op 24 Maart 2014 na die huis waar Simba en Uithaler in Deduzastraat, Bongolethu gewoon het, gestuur het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'