OUDTSHOORN NUUS - 'n Lid van Oudtshoorn se nooddienste is in self kwarantyn nadat hy by 'n botsingstoneel hulp verleen het aan 'n beseerde persoon.
Volgens 'n mediaverklaring van die waarnemende munisipale bestuurder, is die beseerde persoon as deel van die proses by die hospitaal vir Covid-19 getoets en daar is bevind dat die persoon positief is.
Dit is nie duidelik wanneer die ongeluk plaasgevind het nie, maar die hospitaal het gister bevestig dat die pasiënt positief vir Covid-19 is.
As voorsorgmaatreël is ander personeellede wat direk by die voorval betrokke was, gevra om tuis te bly tot Maandag.
Die geval waarna verwys word is nog nie in gister se amptelike statistiek opgeneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'