OUDTSHOORN NUUS - Twee verdagtes van Durban wat van handel in dwelms aangekla was, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof ontslaan na ’n suksesvolle Art 174 ontslagaansoek.
Charles Norris (50) en Bradley Clark (22) is op 6 Augustus 2022 op die N1 naby Prins Albert in hegtenis geneem met tik ter waarde van sowat R2 miljoen in hul besit.
Hulle is op 19 Augustus 2022 elk borgtog van R30 000 toegestaan. Albei het onskuldig gepleit en aangevoer dat hulle nie van die dwelms bewus was nie.
Volgens Norris het ’n vriend hom gevra om die bakkie na Kaapstad te neem. Clark het glo net saamgery. Die eienaar van die bakkie waarin die dwelms gevind is, is nooit deur die staat geroep nie.
Streeklanddros Daniel Boks het gister bevind dat die staat nie sy saak bo redelike twyfel bewys het nie en daar nie genoeg getuienis voor die hof is waarop die twee beskuldigdes skuldig bevind kan word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’