Update
OUDTSHOORN NUUS - Dale Ronald Harmse, die man van Pretoria wat homself as ‘n advokaat voorgedoen het en meer as R500 000 van ‘n plaaslike sakeman gesteel het, is Woensdag in die Oudtshoorn-landdroshof skuldig bevind en gevonnis.
Hy is in Desember 2020 op klagtes van bedrog, geldwassery en die feit dat hy homself as ‘n advokaat voorgedoen het, in hegtenis geneem.
Hy is tot 23 jaar gevangenisstraf gevonnis, 15 jaar vir bedrog, 5 jaar vir geldwassery en 3 jaar vir die feit dat hy homself as ‘n prokureur voorgedoen het.
Die Oudtshoorn Courant het in 2020 berig dat die klaer in die saak reeds die klag in Maart 2020 gelê het, maar da thy eers later die jaar in Krugersdorp in hegtenis geneem.
Tydens die hofverrigtinge het dit ook aan die lig gekom dat Harmse ‘n lang lys vorige veroordelings wat ook met diefstal en bedrog verband hou.
Hy het ook op ‘n klag van bedrog in Mosselbaai voorgekom. Daar is ook ‘n lasbrief in Gauteng van 2011 wat teen hom uitgereik is.
Kaptein Malcolm Potjie, Suid-Kaapse polisiewoorder het gesê dat die provinsiale bestuur die ondersoekspan geluk gewens het met die vonnis.
“Dit is ‘n goeie vonnis en sal ander kriminele wat soort gelyke misdrywe gepleeg het keer om dit weer te doen,” het hy gesê.
Vorige artikels:
- Harmse eers in 2022 verhoor
- Harmse sing nou ander deuntjie
- Beskuldigde ontsnap, weer agter tralies
- Harmse aangekeer
- Vermeende swendelaar ontsnap
- Harmse-saak uitgestel
- Vermeende bedrieër kry streekhofdatum
- Borgtog aan Harmse geweier
- 'Advokaat' spook steeds vir borg
- 'Advokaat' steeds in aanhouding
- Vermeende bedrieër wil nou borgtog hê
- Vermeende bedrieër in hof
- Man verloor R500 000
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'