Update
OUDTSHOORN NUUS - Dale Ronald Harmse, die Gautengse man wat verlede jaar 'n plaaslike sakeman uit oor die R500 000 geswendel het, het vandag weer in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Ten spyte daarvan dat Harmse verlede jaar tydens sy eerste verskyning gesê het dat hy skuldig wil pleit, homself gaan verteenwoordig en nie 'n prokureur wil hê nie, het hy vandag aangedui dat hy 'n prokureur, Riaan Pienaar, aangestel het en dat hy nou om borgtog wil aansoek doen.
Harmse staan tereg op 'n klag van bedrog na hy homself as 'n advokaat voorgedoen het.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, word die man ook vir 'n bedrogklag in Mosselbaai gesoek.
Die saak is na 21 Januarie vir 'n formele borgtogaansoek uitgestel.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'