Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n man van Gauteng, wat glo 'n sakeman van Oudtshoorn, uit meer as R500 000 bedrieg het nadat hy homself as 'n advokaat voorgedoen het, is vir verhoor na die streekhof oorgeplaas.
Dale Harmse (50) staan tereg op aanklag van bedrog, diefstal en geldwassery en sal volgens sy regsverteenwoordiger, adv. Riaan Pienaar, onskuldig pleit.
Landdros René Gerber het borgtog aan Harmse geweier sonder om enige redes vir sy besluit te verskaf.
Die ondersoekbeampte, lt.kol. Max Mxabaniso, het borgtog teengestaan omdat hy van mening is Harmse moontlik kan vlug.
Hy het 40 vorige veroordelings op sy rekord terwyl hy die afgelope tien jaar deur die polisie in Gauteng gesoek word en 'n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik is.
Volgens Pienaar sal Harmse getuig dat hy hom nooit as 'n advokaat aan die klaer of enige ander persoon voorgestel het nie, en die klagtes teen hom nie water dra nie. Die saak is tot 2 Junie uitgestel.
Vorige artikels:
- Borgtog aan Harmse geweier
- 'Advokaat' spook steeds vir borg
- 'Advokaat' steeds in aanhouding
- Vermeende bedrieër wil nou borgtog hê
- Vermeende bedrieër in hof
- Man verloor R500 000
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'