Update
OUDTSHOORN NUUS - Borgtog is vanoggend in die Oudtshoorn-landdroshof aan Ronald Dale Harmse, die man wat homself as 'n advokaat voorgedoen en 'n sakeman uit R500 000 geswendel het, geweier.
Harmse is Desember verlede jaar op klagte van diefstal, geldwassery en bedrog in hegtenis geneem.
Sy borgtogaansoek het verlede maand begin en die staat het dit teengestaan omdat hulle gevoel het dat Harmse ondermeer met staatgetuies gaan inmeng en dat hy 'n vlugrisiko is.
Tydens sy borgtog aansoek het dit aan die lig gekom dat Harmse 'n hele lys vorige veroordelings van dieselfde aard het en dat daar ook 'n lasbrief vir sy in hegtenisname in Erasmia is.
Die landdros het vanoggend gesê dat hy nie oor die redes vir sy besluit gaan uitbrei nie, maar dat hy deeglik na beide partye se sake geluister het en dat dit in belang van geregtigheid is dat Harmse nie op borgtog vrygelaat word nie.
Die saak is na 21 April uitgestel.
Vorige artikels:
- 'Advokaat' spook steeds vir borg
- 'Advokaat' steeds in aanhouding
- Vermeende bedrieër wil nou borgtog hê
- Vermeende bedrieër in hof
- Man verloor R500 000
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'