Update
OUDSTHOORN NUUS - Die saak teen 'n man van Gauteng, wat glo 'n sakeman van Oudtshoorn uit meer as R500 000 bedrieg het nadat hy homself na bewering as 'n advokaat voorgedoen het, is in die Oudtshoorn-streekhof vir verhoor tot 6 September uitgestel.
Die 50-jarige Dale Harmse staan tereg op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery en sal volgens sy regsverteenwoordiger, adv. Riaan Pienaar, onskuldig pleit.
Hy het 40 vorige veroordelings en is in die landdroshof borgtog geweier.
Volgens Pienaar sal hy getuig dat hy hom nooit as 'n advokaat aan die klaer of enige ander persoon voorgestel het nie en dat die aanklagte teen hom nie water dra nie.
Die ondersoekbeampte, lt.kol. Max Mxabaniso, het borgtog teengestaan omdat hy van mening is Harmse moontlik kan vlug. Hy word die afgelope tien jaar deur die polisie in Gauteng gesoek en 'n lasbrief is lank gelede vir sy arrestasie uitgereik.
Vorige artikels:
- Vermeende bedrieër kry streekhofdatum
- Borgtog aan Harmse geweier
- 'Advokaat' spook steeds vir borg
- 'Advokaat' steeds in aanhouding
- Vermeende bedrieër wil nou borgtog hê
- Vermeende bedrieër in hof
- Man verloor R500 000
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'