Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van die vermeende bedrieër van Gauteng, Ronald Dale Harmse, wat 'n sakeman van Oudtshoorn uit meer as 'n halfmiljoen rand bedrieg het, kon nie Maandag begin nie, omdat die betrokke landdros in selfisolasie is.
Die 50-jarige Harmse staan tereg op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.
Die staat voer aan dat hy in Maart 2020 'n plaaslike sakeman, Matthys Slabbert, uit R535 000 bedrieg het deur voor te gee dat hy 'n advokaat is.
Harmse het met sy vorige verskyning op 30 November die hof meegedeel dat hy die mandaat van sy regsverteenwoordiger, beëindig het, en ook besluit het om skuldig te pleit en sodoende nie die tyd van die hof en die klaer verder mors nie.
Nadat hy regshulp gekry het, is die saak deur streeklanddros Sylvia Madla vir twee dae se verhoor, gister en vandag, uitgestel.
Die saak moes gister egter tot 24 Januarie 2022 uitgestel word.
Harmse bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- Harmse sing nou ander deuntjie
- Beskuldigde ontsnap, weer agter tralies
- Harmse aangekeer
- Vermeende swendelaar ontsnap
- Harmse-saak uitgestel
- Vermeende bedrieër kry streekhofdatum
- Borgtog aan Harmse geweier
- 'Advokaat' spook steeds vir borg
- 'Advokaat' steeds in aanhouding
- Vermeende bedrieër wil nou borgtog hê
- Vermeende bedrieër in hof
- Man verloor R500 000
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'