OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die bekende pianis en musiekonderwyser van Oudtshoorn, wat van statutêre verkragting, seksuele aanranding en seksuele gereedmaking van 'n minderjarige aangekla word, is tot 23 Junie uitgestel sodat hy 'n ander regsverteenwoordiger kan aanstel.
Brian Carelse van die plaaslike Regshulpraad, het die hof meegedeel dat hy nie die beskuldigde verder kan verteenwoordig nie.
Die beweerde dade met die 13-jarige meisie vir wie die beskuldigde klavierlesse gegee het, is na bewering in 2024 gepleeg.
Hy is op 6 Maart vanjaar borgtog geweier.
Die hof het tydens die aansoek gehoor dat die beskuldigde tydens sy musiekstudies aan die Universiteit van Stellenbosch ook van 'n seksuele daad met 'n mede vroulike musiekstudent beskuldig is, aanranding van 'n manlike student en twee vroue met wie hy in verhoudings was, beskermingsbevele teen hom verkry het wat steeds van krag is.
Geen saak is egter teen hom by die polisie aanhangig gemaak nie.
Die beskuldigde het met sy borgtogaansoek aangedui dat hy onskuldig gaan pleit op al die aanklagte.
Die saak dien voor streek-landdros Daniel Boks.
Vorige artikels:
- Borgtog vir musiekonnie geweier
- Borgtogaansoek van onnie uitgestel
- Borgaansoek Maandag voortgesit
- Musiekonderwyser se borgtog uitgestel
- Musiekonnie in hof vir verkragting
- Oudtshoorn musiek-onnie voor vir verkragting
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’