Volgens Pyper was kaartjieverkope ten minste 10% hoër as verlede jaar. "Ondanks 'n steeds uitdagende ekonomiese klimaat en hoë brandstofpryse is ons baie gelukkig met hoe dit verloop het."
Volgens Pyper is meer as R9 miljoen se kaartjies vir teaterproduksies en musiekopvoerings verkoop en is kunswerke van ongeveer R454 000, beduidend meer as verlede jaar, ook van die hand gesit. Besoekers aan die Rivierbuurt waar musiekverhoë en die grootste aantal stalletjies was, het met 2% teen verlede jaar toegeneem. "Die Rivierbuurt was 'n miernes van bedrywighede en 'n feestelike atmosfeer het vir die hele agt dae geheers," het hy bygevoeg.
Volgens besoekers met wie die Oudtshoorn Courant tydens die fees gesels het, het die feit dat die fees met die Paasnaweek saamval dit vir baie mense moontlik gemaak om Oudtshoorn toe te reis. Die Absa KKNK fees vir 2013 vind plaas vanaf 30 Maart tot 6 April en volgens Pyper sal die KKNK kantoor reeds vanaf Junie druk besig wees met die beplanning van die volgende fees.
Nominasies vir Kanna-toekennings
Die Kannas (Klein-Karoo Oscars) wat erkenning gee aan uitstaande produksies tydens die Absa KKNK word op 6 Mei in Kaapstad toegeken en produksies is reeds verlede Saterdag tydens die KKNK genomineer. Daar is altesame 10 kategorieë waarvoor elkeen drie nominasies gemaak is.
Die Kanna-nominasies is as volg:
Beste teaterproduksie
Babbel, Rooiland, Vagina Dentata - 'n Kabaret
Beste Akteur
Brendon Daniels (Rooiland en Babbel), Charlton George (Rooiland), Tobie Cronjé (My vrou se man se vrou)
Beste Aktrise
Amanda Strydom (Voor ek vergeet), Kim Cloete (Dit voel leeg as die hart vol is), Tinarie van Wyk-Loots (Babbel)
Beste Regie
Basill Appolis (My broetjie, my bra), Jaco Bouwer (Rooiland) , Nicola Hanekom (Babbel)
Beste Musiekproduksie
My broetjie, my bra , My land my lied , Vagina Dentata - 'n Kabarett
Beste Klassieke Musiekuitvoering
14 Stasies van die Kruis, Amore, Shanghai Brunch
Beste Visuele Kunsaanbieding
- Fopspeen: Moving Pictures - Diek Grobler en span
- Ik ben een Afrikander II - Teresa Lizamore (kurator)
- Vrees en verlies - Katie Barnard du Toit
- Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar
- Christiaan Olwagen vir die regie van Vagina Dentata - 'n Kabarett
- Marlo Minnaar vir sy spel in ... Af
- Winand Grundling vir sy uitvoering van 14 Stasies van die kruis
- Herrie Kanna vir Kopverskuiwende Werk
- Babbel
- Sandra Hanekom as kurator van Visuele Kunste
- Vagina Dentata - 'n Kabarett
Kanna vir Beste Debuutwerk, wat spesifiek kyk na produksies wat by vanjaar se Absa KKNK gedebuteer het.
Hier is die kompetisie besonder straf, want 30 produksies oor verskillende genres kom hier in aanmerking. Die drie genomineerdes is:
- 14 Stasies van die kruis
- Babbel
- Vagina Dentata - 'n Kabarett
Louis van Niekerk ontvang die Spesiale Kanna vir vertolking.