Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Magdaleen Titus, die hoofverdagte in die Preston Titus-moordsaak, is vandag borgtog in die hooggeregshof in Kaapstad toegestaan.
Die bedrag kon nog nie bevestig word nie. Wanneer Titus appél teen die weiering van haar borgtogaansoek aangeteken het is ook nog nie duidelik nie.
Sy is op 19 Januarie op 'n klag van moord in hegtenis geneem na haar man, Preston, se liggaam die nag van 1/2 Desember in sy huis op die Weermagbasis gevind is. Hy is met verskeie steekwonde in sy huis op die Weermagbasis gevind.
Sy is op 8 Maart borgtog in die Oudtshoorn-landdroshof geweier.
Landdros Errol Thomas het klem gelê op die feit dat die staat 'n sterk prima facie saak het en dat daar geen buitengewone omstandighede is om haar op borgtog vry te laat nie.
Titus word saam met Natasha Stuurman, Sixabiso Klip, Justice Mooi en Masethembe January (MJ) vir moord aangekla. MJ is op 11 April in hegtenis geneem en moet nog met sy borgtogaansoek voortgaan. Stuurman is op 9 April borgtog toegestaan. Mooi is vroeër borgtog geweier en Klip het skuldig gepleit en is reeds gevonnis.
Meer inligting sal volg soos dit beskikbaar is.
Lees vorige artikels:
- Stuurman uit op R15 000 borgtog
- Weermagmoord: Stuurman kry borg
- Stuurman doen aansoek om borg
- Weermagmoord: Natasha Stuurman-borgtogaansoek vandag
- Weermagmoord: Borgtog geweier
- Weermagmoord: Geen borg vir Magdaleen Titus
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Borgtogaansoek steeds aan die gang
- Weermagmoord: Gerugte oor arrestasie onwaar
- Polisgeld dalk moordmotief
- ANC skors Magdaleen Titus tydelik
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgtogaansoek duur voort
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'