Update
OUDTSHOORN NUUS - Magdaleen Titus, een van die verdagtes in die moord op haar man, Preston Titus, se aansoek om borgtog is vandag van die hand gewys.
Magdaleen Titus word daarvan aangekla dat sy, saam met ander beskuldigdes, haar man, Preston Titus, die nag van 1/2 Desember 2017 vermoor het.
Hy is met verskeie steekwonde in sy huis op die Weermagbasis gevind.
Landdros Errol Thomas het vandag borgtog aan Titus geweier.
Hy het geweldige klem gelê op die feit dat die staat 'n sterk prima facie saak het en dat daar geen buitengewone omstandighede is om haar op borgtog vry te laat nie.
Meer inligting volg soos dit bekend is.
Lees vorige artikels:
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Borgtogaansoek steeds aan die gang
- Weermagmoord: Gerugte oor arrestasie onwaar
- Polisgeld dalk moordmotief
- ANC skors Magdaleen Titus tydelik
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgtogaansoek duur voort
- Weermagmoord: Borgaansoek vandag in hof
- Weermagmoord: Borgtog aan Mooi geweier
- Weermagmoord: Hofsaak uitgestel
- Sterk polisie-teenwoordigheid by borgtogaansoek
- Weermagmoord: Verdagte nader koerant
- Preston Titus met 3rde poging vermoor
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'