Update
OUDTSHOORN NUUS - Die borgtogaansoek van Magdaleen Titus, vrou van ontslape Preston Titus, wat verlede week in die Oudtshoorn-landdroshof begin het, is steeds aan die gang.
Die hof het 13:00 vir middagete verdaag.
Joshua Greeff, Titus se prokureur, is sedert gister besig met om die ondersoekbeampte in die saak, ao. Martin le Roux, te kruis ondervra.
Die landdros, Errol Thomas, het telkemale aan Greeff gevra om nie die borgtogaansoek uit te rek nie en vinniger tot sy punt te kom.
Voor die hof vir middagete verdaag het, het Greeff Le Roux ondermeer begin ondervra oor of Titus ‘n afwesige moeder vir haar kinders is en watter bewyse die ondersoekspan in verband met die motief van Preston se moord het.
Die kruisondervraging sal na middagete voortgesit word.
Dit is egter onduidelik wanneer die uitspraak op die borgtogaansoek gelewer sal word.
Lees vorige artikels
- Weermagmoord: Gerugte oor arrestasie onwaar
- Polisgeld dalk moordmotief
- ANC skors Magdaleen Titus tydelik
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgtogaansoek duur voort
- Weermagmoord: Borgaansoek vandag in hof
- Weermagmoord: Borgtog aan Mooi geweier
- Weermagmoord: Hofsaak uitgestel
- Sterk polisie-teenwoordigheid by borgtogaansoek
- Weermagmoord: Verdagte nader koerant
- Preston Titus met 3rde poging vermoor
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'