OUDTSHOORN NUUS - 'n Dramatiese wending in die Preston Titus-moordsaak is besig om in die streekhof in Oudtshoorn te ontvou.
Sixabiso Klip, een van die beskuldigdes het besluit om 'n pleitooreenkoms te sluit en pleit skuldig op die klagtes teen hom.
As deel van die pleitooreenkoms word sy bekentenis nou deur die hof aangehoor.
In sy bekentenis verbind hy verskeie mense met die moord op Titus.
Volgens die bekentenis van Klip wat nou in die hof voorgelees is, was Maggie Titus deel van die plan om Titus te laat vermoor.
Die ander beskuldigde, Justice Mooi, wie se borgaansoek vandag moet dien, word volgens Klip se bekentenis met die moord verbind.
Volgens Klip se bekentenis wat nou voorgelees is, het Mooi die moord gepleeg.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord-opvolg
- Borgtog aansoek weer uitgestel
- 2 moordverdagtes in hof
- 2de moordverdagte in hof
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Nog een in hegtenis
- Weermagmoord: Optog buite hof
- Verdagte in weermagmoord in hof
- Vermoorde soldaat gehuldig
- 2 in Hegtenis vir moord
- Man en vrou gearresteer in Titus-moord
- ANC-Raadslid tans nie in hegtenis
- Geen arrestasie na moord
- Eggenoot van raadslid sterf
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'