OUDTSHOORN NUUS - Die Raubenheimerdam se watervlak is vandag, Maandag 12 Januarie op 69.37% gemeet , ’n afname van 2.63% sedert die vorige lesing.
Volgens voorskrifte tree Vlak 2-waterbeperkings by 65% in werking, maar die Oudtshoorn-munisipaliteit is reeds besig met prosesse om ’n moontlike vroeë instelling daarvan te oorweeg.
Johan Allers, burgemeester, Oudtshoorn-munisipaliteit het kommer uitgespreek oor die dalende damvlak en stygende waterverbruik. Oudtshoorn se daaglikse verbruik het tot 18.6 Ml per dag gestyg. Inwoners word dringend versoek om water spaarsamig en verantwoordelik te gebruik.
Dysselsdorp
Boorgatwatervlakke is stabiel, maar verbruik en beskikbare lewering is bykans gelyk. Streng Vlak 6-waterbeperkings geld steeds. Watertenkers word waar nodig, veral in hoogliggende gebiede, ontplooi.
De Rust
Die Huisrivier se vloei is baie swak. Water word gedeeltelik vanuit die Klein Karoo Landelike Watervoorsieningskema aangevul en twee watertenkers word gebruik. Streng Vlak 6-waterbeperkings bly van krag en samewerking is noodsaaklik om ’n waterkrisis te voorkom.
Vorige berigte:
- Min water in ODN en De Rust wek kommer
- Waterbronne onder druk
- Warm in die Karoo, waterbronne geraak
- Waterkrisis in Kannaland
- Min reen voorspel watertekort in streek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’