OUDTSHOORN NUUS - Die Raubenheimerdam se damvlak het gedaal van 76.9% na 75.15% met gemiddelde watergebruik van 17.65 megaliter per dag volgens ‘n persverklaring vanuit die burgemeesterskantoor.
Geen rëenval is die afgelope week gemeet in die opgvangsgebied nie.
Die geskuduleerde waterloslatings vir oewer-eienaars vanuit die Raubeheimerdam het reeds in Desember begin en sal tot einde Februarie 2026 voortduur. Hierdie loslatings sal daartoe bydra dat die damvalk vinniger as normaalweg daal.
Dysselsdorp
Waterontrekkings uit boorgate geskied tans volgens die aanbevole ontrekkingsvolumes. Die boorgatwatervlakke bly stabiel, maar die beskikbare lewering en huidige waterverbruik is bykans gelyk. Waterverbruik sal verminder moet word om volhoubaarheid te verseker.
Inwoners van Dysselsdorp en die Klein Karoo Landelike Watervoorsieningskema (KKLWVS) word daaraan herinner dat streng vlak-6 waterbeperkings steeds van toepassing is.
Watertenkers word veral in hoogliggende gebiede aangewend waar en wanneer dit nodig is.
De Rust
Die vloei van die Huisrivier is op die oomblik baie swak en word water vir ‘n gedeelte van die dag vanuit die KKLWVS-watervoorsingskema aan De Rust voorsien terwyl twee watertenkers ook gebruik word om water aan inwoners te voorsien. Water vanuit die KKLWVS-watervoorsieningskema plaas groot druk op beskikbare waterbronne vir Dysselsdorp, asook die skema self. Inwoners in De Rust word gemaan om streng by vlak-6 waterbeperkings te hou.
Bron: Uitgereik deur die kantoor van die burgemeester
Vorige berigte:
Warm in die Karoo, waterbronne geraak
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’