OUDTSHOORN NUUS - Bonatuurlike hitte is die afgelope week in die Karoo ervaar, en is dit steeds baie droog met waterbronne wat onder druk is.
Die Raubenheimerdam se watervlak het gedaal na 76,9% volgens inligting ontvang vanaf Christo Vermaak, woordvoerder van burgemeester, Johan Allers.
Inwoners word gemaan dat vlak 1 waterbeperkings in plek is. Vlak 2 waterbeperkings sal ingestel word indien die damvlak tussen 51% en 65% sou daal.
Slegs 1mm reënval is die afgelope week gemeet in die dam se opvangsgebied en watergebruik 18.4ml per dag.
Geskeduleerde waterloslatings uit die Raubenheimerdam vir oewereienaars het in Desember begin sal aan die einde Februarie 2026 stop.
Die waterloslatings beïnvloed die damvlakke aangesien dit vinniger sak as normaalweg.
Dysselsdorp
Boorgatwatervlakke is stabiel en geskied waterontrekkings volgens voorgeskrewe ontrekkingsvolumes, maar is die beskikbare lewering en die verbruik tans bykans dieselfde.
Watergebruik sal verminder moet word en word Dysselsdorp en die Klein Karoo Landelike Watervoorsieningskema (KKLWVS) se inwoners herinner dat streng vlak 6-waterbeperkings geld.
De Rust
Aanvulling geskied tans vanuit die KKLWVS vir ‘n gedeelte van die dag aangesien die Huisrivier se vloei tans baie swak is.
Twee watertenks word ook gebruik om water af te lewer. Die lewering van water aan De Rust vanuit die KKLWVS plaas ongelukkig druk op beskikbare water vir Dysselsdorp, asook die KKLWVS. Vlak-6 waterbeperkings is steeds in plek in De Rust.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’