OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Samantha Meyer (40), wat op 8 November 2024 op die kruising van Voortrekkerweg en Randstraat in Oudtshoorn in 'n botsing met die motor van die jong onderwyser, PJ 'Pokkels' Sauls, betrokke was is tot 27 Maart uitgestel.
Daar word steeds gewag op 'n beslissing van vertoë wat tot die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging gerig is.
Meyer word aangekla van strafbare manslag, dronkbestuur, roekelose en/of nalatige bestuur.
Die klag van strafbare manslag is op 10 Junie 2025 in die landdroshof deur die staat teruggetrek, maar later weer tot die klagstaat gevoeg.
Die saak is vir verhoor na die streekhof oorgeplaas waar dit voor streeklanddros Ntsoki Moni sal dien.
Meyer is op waarskuwing vrygelaat en word deur Bulelani Bans verteenwoordig, terwyl Hyron Goulding vir die staat optree.
Vorige berigte:
Vorige berigte:
- Meyer gaan wel van strafbare mansslag aangekla word
- Sauls-familie woendend oor onregverdige hofbesluit
- Saak van strafbare manslag teen bestuurder teruggetrek
- Familie van PJ Sauls kwaad vir hof
- Samantha Meyer-saak vir streekhof uitgestel
- Gemeenskap in rou oor geliefde onnie
- Troosdiens vir ongelukslagoffer gehou
- Troosdiens vir PJ Sauls beplan
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’